• Tanzanië

Tanzanië 2021

30 April – 17 Mei 2021 (Klassieke Toer)

1 – 10 Mei 2021 (Ndutu – verleng na Amboseli)

31 Mei – 7 Junie 2021 (Klassieke Toer)

Omtrent hierdie toer

Die skouspelagtige groot migrasie van miljoene sebras, wildebeeste en ander wild in Oos-Afrika is sekerlik heel bo-aan die lys van safari-liefhebbers.

Elke jaar pak ongeveer 2 miljoen diere en hul kleintjies die lang trek aan.
Die diere se reis begin op die grasvelde van die Serengeti en loop kloksgewys in ʼn siklus, soos wat die weiding en water beskikbaar is, tot by die Masai Mara Nasionale Park in Kenia.

Hierdie reis is vir sommige diere uitmergelend en daar word beraam dat omtrent 250 000 wildebeeste nie die reis voltooi nie.

Ons besoek ook die Ngorongoro en Manyara Nasionale Parke. 

Die Ngorongoro-krater is ʼn belewenis op sy eie. Hierdie krater is die wêreld se grootste onaktiewe, ongeskonde en ongevulde vulkaniese kaldera en is die tuiste van oorvloedige wild en voëlspesies. 

Die Manyara Nasionale Park is bekend vir sy leeus in die bome.

Ernest Hemmingway beskryf dit as “The most beautiful lake I have seen in Africa.”

Doen navraag omtrent hierdie toer