Omtrent hierdie toer
Ons reis soos in vanmelewe se dae op die Rovos Rail na die donderende Victoria-waterval waar ons tuisgaan in die historiese Victoria Falls Hotel. Nog ʼn hoogtepunt is die bootvaart op die Choberivier aan boord van die luukse hotelboot, die Zambezi Queen. Hier geniet ons die ongerepte natuurskoon en wild wat Chobe ʼn móét maak op elke reisiger se wenslysie.