Omtrent Seagull Toere…

Linde van Niekerk, entrepreneur en eienaar van Seagull Travel & Tours, is Suid-Afrikaans in murg en been -Afrikaans, maar as ʼn mens die sprankel in haar oë sien wanneer sy oor “toer” praat, is dit moeilik om te glo dat sy enige ander plek as die wêreld huis kan noem. Haar passie vir reis is aansteeklik!

Hierdie passie deel sy ook met haar dogter, Elizabeth en die res van die Seagull-span. Die afgelope 20 jaar het dit ons missie geword om gehalte reise teen bekostigbare pryse aan die Suid-Afrikaanse publiek te bied. Seagull is trots op ons werk as spesialis in die groeptoerebedryf en smee nou bande met ons kliënte. Vir die wat nie in groepsverband wil reis nie, reël ons reisburo graag individuele reise na enige bestemming.

Seagull bring droombestemmings aan ons reisvriende, met ‘n professionele maar tog persoonlike aanslag!

Welkom op ons webwerf.

Begin solank droom oor u volgende reis!

Reisgroete

Linde, Elizabeth en die Seagull span