• Kenia

Kenia

11 – 17 Augustus 2021

Beperkte Plek

Omtrent hierdie toer

Die skouspelagtige groot migrasie van miljoene sebras, wildebeeste en ander wild in Oos-Afrika is sekerlik heel bo-aan die lys van safari-liefhebbers. Elke jaar pak ongeveer 2 miljoen diere en hul kleintjies die lang trek aan.

Die diere se reis begin op die grasvelde van die Serengeti en loop kloksgewys in ‘n siklus, soos wat die weiding en water beskikbaar is, tot by die Masai Mara Nasionale Park in Kenia.

Hierdie reis is vir sommige diere uitmergelend en daar word beraam dat omtrent 250 000 wildebeeste nie die reis voltooi nie.

Voltooi die Migrasiesirkel deur die Mara-rivier op ʼn luukse 4×4 safari.

Hoogtepunte van hierdie toer:

  • Elementaita Meer – pelikane en pienk flaminke
  • Bogoria Meer – warm water bronne en baie wild
  • Maasai Mara Natuurreservaat – dit vorm deel van die Ngorongoro-krater van Tanzanië
  • Kom beleef die spring/beweeg van die wildebeeste/sebras deur die Maasai Mara- rivier

Doen navraag omtrent hierdie toer