Besoek die 7 gemeentes van Klein-Asië (van Openbaring in die Bybel), loop in die voetspore van die eerste Christene en beleef die wonder van Turkye!
Ankara is die eerste stop op hierdie toer. Hier sien ons die Mausoleum van Ataturk, die vader van die Turkse Republiek en Turkye se eerste President.
Kappadosië lyk soos ‘n sprokiesboektoneel. Die dorpie Nevsehir verwelkom ons in hierdie streek met huisies wat teen versteende klip uitgebou is en ondergrondse stede wat deur die vervolgde Christene bewoon is.
Die Fairy Chimneys is ‘n hoogtepunt! Hierdie vreemde rotsformasie wat lyk soos skoorstene kan besigtig word vanuit ‘n kleurvolle lugballon.
Ons besoek ook die bekende freskokerke.
Kappadosië is bekend vir sy pottebakkery en geweefde matte. Hier is ‘n gulde geleentheid om hierdie items vir jou aan te skaf!
Die Sultanhani Caravanserai dateer terug na die 10de eeu. Hier het handelaars met hul kamele oornag gestop om te rus. Hierdie pragtige gebou herinner ons aan tye van ouds.
Hierna besoek ons die streek van Antalië en kyk na die indrukwekkende teater by Aspendos en die ruïnes by Perge.
Pammukali, oftewel die ‘cotton castle’, is ‘n natuurlike terrein in die Egeïese streek van Turkye. Dit bestaan uit warmwaterbronne wat in kalksteen terrasse lê.
Vele interessante bouvalle van vorige eeue kan gesien word in Hierapolis, Filadelfia, Sardis en Efese. Hierdie ongelooflike bouvalle gee ons ‘n wye insig van hoe die mensdom geleef het in die tyd van die Bybel.
Hier is ook ‘n gulde geleentheid om leerprodukte te koop.
Ons besoek Maria se huis asook die kerk van Johannes in Efese.
By die bouvalle van die antieke stad Troje sien ons die beroemde houtperd wat tot die val van die stad gelei het in die oorlog teen die Grieke, wat deur die ontvoering van die skone Helena veroorsaak is.
Istanboel is ons laaste stop.
Hierdie is ‘n ongelooflike stad waar kleur, geur, klank en ‘n wisselwerking tussen kulture dreig om ‘n mens te oorweldig.! Ons sien die Hippodrome Square reg langs die Hagia Sophia. Ons gaan loer ook bietjie nader en sien hierdie ongelooflike kerk van binne. Die Blou Moskee is ook op ons lys van besoeke, asook ‘n paar paleise op die oewer van die Bosphorus.
Ons gaan met ‘n bootvaart op die Bosphorus om Istanboel uit ‘n ander hoek te sien.
Laastens geniet ons die bazaars van Istanboel! Kry hier iets om jou te herinner van hierdie ongelooflike stad!
Moenie ons volgende toer na Turkye misloop nie.
+27 42 296 0475
086 686 0009
info@seagulltoere.co.za
Winkel 6, Wavecrest Sentrum
Da Gamastraat
Jeffreysbaai, Suid Afrika