Toere

Seagull se toere word beplan om aan die unieke behoeftes van die Suid Afrikaanse reisiger te voldoen. Ons spesialiseer in begeleide groepstoere na interessante wêreld-bestemmings. Ons beplan eers sorgvulldig wanneer nuwe bestemmings gekies word. Die besienswaardighede, verblyf, vervoer en ander toeristefasiliteite word goed deurgekyk voordat unieke, onvergeetlike reisprogramme beplan word. Seagull Toere maak seker dat slegs gekwalifiseerde, kundige gidse gebruik word tydens ons toere. Verblyf is altyd van hoogstaande gehalte! Seagull Toere is alombekend vir gehalte toere, wat waarde vir geld bied. Daar is bykans geen opsionele uitstappies op ons toere nie.

Seagull groepstoere word meestal begelei deur Seagull verteenwoordigers, wie daaglikse aktiwiteite koördineer en seker maak die reisprogram verloop vlot. So verseker ons dat ons gaste geen bekommernis het tydens ‘n toer nie. Daar is genoeg tyd vir gaste om ook tyd op hul eie te spandeer en hul vakansie te geniet sonder om beperk te voel deur ‘n groepstoer. Seagull streef daarna om die perfekte balans tussen die gemak van ‘n groepstoer, die geleentheid om met ander Suid-Afrikaanse reisigers te kuier en die individuele behoeftes van ons gaste te skep.

Teen die einde van ons toere, weet ons dat ons leuse ‘n realitiet is: “Ons kliënte word ons vriende!”