• Tanzanië 2020

Tanzanië 2020

Verskeie Datums vir 2020

Omtrent hierdie toer

Die skouspelagtige groot migrasie van miljoene sebra’s, wildebeeste en ander wild in Oos-Afrika is sekerlik heel bo aan aan die lys van safariliefhebbers.

Elke jaar pak ongeveer 2 miljoen diere en hul suigelinge die lang trek aan.
Die diere se reis begin op die grasvelde van die Serengeti en loop kloksgewys in ‘n siklus, soos wat die weiding en water beskikbaar is, tot by die Masai Mara Nasionale Park in Kenia.

Hierdie reis is vir sommige diere uitmergelend en daar word beraam dat omtrent 250,000 wildebeeste nie die reis voltooi nie.

Verskeie vertrekdatums is beskikbaar.

Doen navraag omtrent hierdie toer